Welkom by die webblad van die Klipspringer Voetslaanklub! Wie is ons? Ons lede woon meestal in Pretoria, en is meestal tussen 40 en 60 jaar oud, met ‘n paar skoolgaande kinders. Daar’s enkellopers en egpare. En natuurlik ons befaamde gelukbringer, Felix. Ons het sowat 25 adresse (gesinne en enkelinge), maar meer mense is welkom.
Hoe stap ons? Ons stap gewoonlik die derde naweek van die maand, met die uitsondering van Desember, maar in een maand pak ons gewoonlik ‘n langer stap (4 tot 5 dae) aan. Ons het volrugsakstappe en dagsirkelstappe, en aan die einde van Januarie het ons ons algemene jaarvergadering. (Kyk ons stapprogram.) Vir stappe probeer ons gewoonlik die Vrydag halfdag uit Pretoria wegkom, en ook om saam te ry om onkoste te deel.
Ander wetenswaardighede Ons het ‘n foto-van-die-jaar-kompetisie vir die mooiste foto op 'n stap geneem (kyk ons wenfoto's) en ’n stapper-van-die-jaar-kompetisie vir die meeste km afgestap. Vir diè twee kompetisies het ons wisseltrofeë. Voorts gee ons maandeliks ‘n nuusbrief (Trail Mail) uit. Ons beveel ten sterkste aan dat ons lede by die streeksliggaam, Magalies Voetslaan, affilieer.
As jy wil aansluit Ons vra gewoonlik dat nuwe mense eers ten minste twee naweekstappe saam met ons doen voor hulle aansluit sodat hulle kan besluit of hulle van die opset hou. Maar ek sou sê ons is ‘n gawe klomp met ‘n lekker stapgees. Ons lidgelde is billik en ons grondwet versinnebeeld ons leuse. Klipspringer-groete Adri van Vuuren: eclipse.adri@gmail.com
All text and images on this site are copyrighted. Applications for free use of this material should be directed to Ina Stahmer. |